|
Wyksdiens in MORRINSVILLE/MATAMATA DISTRIK: ACK Hamilton gemeente Die Erediens vir Hamilton se oostelike landelike gebied vind elke 1ste, 2de en 3de Sondag van die maand om 11:30 vm in die kerkie (Ngarua Community Church) op die hoek van State Highway 27 en Diagonal Street plaas . Dit is ongeveer halfpad tussen Morrinsville (Tutuanui) en Matamata op Highway 27. Kontak vir Ds Johan Hendricks vir meer inligting, sy besonderhede is beskikbaar op ons "Kontak Ons" bladsy. Erediens te PUKEKOHE Eredienste vind elke laaste Sondag van die maand om 7 nm in die gebou van die Reformed Church, op die hoek van Seddon- & Victoriastraat, plaas. Skakel vir Titus Bruin vir meer besonderhede, sien ons "Kontak Ons" bladsy.
Eredienste te ROTORUA Eredienste vind elke Sondag plaas en wel om 5:00 nm in die gebou van die Seventh-Day Adventist Church, Tilsley Street, Rotorua. Dr Jaco Reyneke neem die dienste waar. Die wyksbediening bied Sondagskool en ‘n saamkuier geleentheid na die diens, bybelstudie en vrouebybelstudie. Skakel die kerkkantoor of Dr Jaco Reyneke vir nadere besonderhede deur ons "Kontak Ons" bladsy.
Eredienste te Whakatane Kerkdiens - Dr. Jaco Reyneke van Rotorua besoek Whakatane elke 2de Donderdag van die maand vir 'n erediens in die Knox Presbeteriaanse Kerk, Landing Road, Whakatane om 6:00 nm . Na die diens word daar lekker gekuier met ‘n koppie koffie of tee en lekker eetgoed. Alle belangstellendes is welkom.
Bybelstudie Byeenkoms - Elke Woensdag om 7:00 nm. Vir meer besonderhede skakel gerus met Annetjie Opperman of Lena Snyman. Ons gee ook emosionele ondersteuning aan nuwe intrekkers en hoor graag van julle al is dit net vir ‘n geselsie.
ACK Christchurch-gemeente: ASHBURTON / HINDS & TIMARU Die Afrikaanssprekendes van Ashburton, Hinds, Timarua het die wonderlike voorreg om as gelowiges saam te kom in Afrikaanse eredienste. Tee, koffie en lekker kuier na die diens. Indien moontlik, bring asseblief 'n bordjie eetgoed saam en bring asb ook jou Afrikaanse vriende saam. Skakel vir Tienie vir nadere besonderhede. Sien "Kontak Ons" bladsy.
Daar sal voortaan twee Afrikaanse eredienste per maand in Mid-Canterbury gehou word, nl elke eerste Sondag van die maand te Timaru en elke derde Sondag te Ashburton of Hinds.
|