Om as God se kinders 'n geestelike tuiste vir Afrikaanssprekendes te skep waar ons dienend omgee vir alle mense en so uitvoering gee aan Christus se opdrag om dissipels van alle mense te maak. Ons beplan om ons Visie op die volgende weƫ te bereik:
Dat alle lidmate opnuut opgewonde sal wees oor hulle kindskap in Christus.
Dat alle lidmate in lyn methulle roeping en gawes ingeskakel word by dienswerk wat amptelik of nie-amptelik, binne of buite die gemeente onderneem word.