Welkom

Besoekers Aanlyn

Welkom by die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland

Image Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland het sy ontstaan te danke aan ‘n groepie Afrikaanse immigrante wat in die loop van 1998, en vroeër, in Nieu-Seeland aangekom het. Nadat van hierdie gesinne verskillende Engelse kerke besoek en ervaar het dat hulle nêrens tuis voel nie, is die behoefte na ‘n eie Afrikaanse kerk uitgespreek. Hierdie gedagte is met vriende gedeel en het by ‘n groep van die immigrante aanklank gevind. Die strewe na ‘n eie Afrikaanse kerk op die North Shore van Auckland het posgevat.

‘n Kerk moet natuurlik ‘n dominee hê. Ds. Dawie Kriel, vroeër van die Hervormde Kerk in Suid Afrika, wat op hierdie stadium ‘n leraar van die Presbiteriaanse gemeente in Te Kauwhata (Nieu-Seeland) was, is genader om ‘n Afrikaanse erediens een keer per maand op die North Shore te hou. Hy het ingestem en die eredienstedienste het begin. Geen kerkstigting het op daardie stadium plaasgevind nie en daar was bloot eredienste gehou om die vatbaarheid van ‘n eie Afrikaanse bediening te toets. Die een diens per maand het gou oorgegaan in ‘n erediens elke Sondag. Eredienste is aanvanklik in die Metodiste kerk in Waiake te 642 Beach Road, gehou. Die eredienste was om 12:00 want daar moes eers gewag word vir die Metodiste-gemeente om met hulle 10:00 vm diens en saamkuier klaar te maak.

Lees meer...